VIDEO: Kleuter klim binne 21 sekondes oor hek

‘n Australiese ma, Wendy Atkinson het die video op haar Facebook profiel gedeel om meer bewustheid rondom swembad veiligheid te skep. Sy het dit duidelik gemaak dat die nie ‘n swembadhekkie is nie.

Alhoewel die Atkinson gesin nie ‘n swembad het nie, het sy gevoel dit is belangrik dat mense sien hoe maklik klein kinders verby ‘n swembadhekkie kan kom.

“Hy klim binne 21 sekondes by die hekkie op en maak dit oop. Hy het geen hulp of iets om op te staan nie. Dink bietjie hoe vinnig is 21 sekondes,” het Atkinson op Facebook gesê.

 

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top