Hoekom is dit vir sommige mense lekker om slordig te wees?

Die slordige houtstruktuur in Stasiestraat.
Die slordige houtstruktuur in Stasiestraat.

Wysneus het die afgelope week weer ‘n paar dinge gesien wat hom laat wonder het.

Een van die dinge is waarom ons inwoners so verskillend op die, om nou die woord wat veral deur die regeringsmense gebruik word, uitdagings, om hulle reageer.
‘n Mens hoef net deur byvoorbeeld Carletonville se strate te ry om te sien hoe inwoners oor hul omgewing voel.
Almal weet nou mos al vir meer as ‘n jaar dat die munisipaliteit nie meer gras op sypaadjies sny nie. Of ons nou
daarvan hou of nie, indien iemand ‘n netjiese sypaadjie wil hê, sal hulle dit self moet sny.
In sommige van ons buurdorpe en seker hier by ons ook is daar mense wat al vir jare die gras op hul eie sypaadjies
sny.
Nee, hulle hou dalk nie noodwendig daarvan om die munisipaliteit se werk te doen nie, maar hulle hou wel
daarvan dat die omgewing waarin hulle bly, netjies moet wees.
Netheid is egter nie iets waaroor almal ewe sterk voel nie. Hoewel sommige inwoners daarvan hou om die
gras op hul sypaadjies mooi kort te hou, is daar ander wat nie omgee of hul agter bosse woon nie. As gevolg van die
feit dat die munisipaliteit nou al vir ‘n geruime tyd nie gras sny nie, is daar huise waar die gras al so lank is dat mens
amper nie meer die erf of heining kan sien nie.
Kan dit dalk pret wees om so agter die bosse weg te kruip? Wie se skuld is dit as daar ‘n jaar nadat die munisipaliteit
gesê het hulle nie meer gras sny nie, ‘n dief wat op jou buurman se oorgroeide sypaadjie wegkruip, jou in jou oprit aanval?
En dan praat ons nie eens van mense wat so rommel strooi deur hul tuinvullis sommer in die eerste en naaste oop
stuk veld naby hul huis te gooi nie.
Wysneus sien ook dat die verskil in netheid ook deesdae by besighede gesien kan word. Wanneer ‘n mens in Stasiestraat ry, is daar byvoorbeeld ‘n deel van die middelman wat besonder netjies is. Wysneus het al vantevore gehoor dat dit die besigheid voor die middelman is wat dit in stand hou.
Wanneer mens egter net ‘n paar meter verder ry, is daar ‘n nare houtstruktuur wat op die middelman neergesit is.
Dit lyk regtig nie netjies nie en Wysneus wonder wat die rede is waarom dit nog daar staan.
Wie dit ookal daar gesit het, Wysneus is seker dit was nie die munisipaliteit nie.
So van rommel gepraat, ‘n klompie mense wat nie altyd die dank kry wat hulle toekom nie, is die groep
werkers wat Carletonville se middedorp elke oggend so mooi skoonmaak.
Wanneer mens vroegoggend voor die meeste mense by die werk aankom, in die middedorp ry, sien jy die mense met hul lang optel-stokke wat besig is om papiere en ander rommel op te tel.
Hul sakke waarin hulle die goed pak, staan ook gereed op plekke op die sypaadjies om later verwyder te word.
Al plekke waar dié mense, lyk vir Wysneus, nie gemors optel nie, is die besighede soos die karwas aan die agterkant
van die polisiestasie waar die besigheid self gemors uitgooi.
Wysneus wonder hoe ons middedorp sou gelyk het indien hierdie mense nie so pligsgetrou hul werk doen nie?
Met al die ander probleme met munisipale dienslewering in die omgewing is dit goed om te sien dat daar
darem iets is wat nog goed werk.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top