Danser op pad na Italië

Anellé Arbuckle is reg om SuidAfrika te gaan verteenwoordig.
Anellé Arbuckle is reg om SuidAfrika te gaan verteenwoordig.

‘n Jong danser van Fochville gaan binnekort haar staal internasionaal wys.
Anellé Arbuckle, ‘n 13-jarige Fochviller, het die afgelope naweek haar SA-kleure in dié sportsoort in Pretoria verwerf.
Sy gaan Suid-Afrika in kontemporêre dans in Kroasië en Italië verteenwoordig.
“Ons vlieg op 20 Mei na Italië en kom op 30 Mei weer terug,” het haar ma Lazelle, Dinsdag aan die Herald vertel.
Anellé gaan Suid-Afrika ook in die Julie-vakansie in Namibië met vyf van haar danse, naamlik hip hop, vrystyl, kontemporêr, cheerleading en show modelling  verteenwoordig.
Anellé is ‘n graad 8-leerling aan Potchefstroom Gimnasium en ‘n lid van Annamarie Dansskool in Potchefstroom.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top