Fochies hokkiespan wen Super 16

Mev. Ronel Lambrecht (hoof van Hoërskool Fochville), me. Mardie Fouché (hoofafrigter) en me. Charmaine Pienaar (hulpafrigter), saam met die o.15 hokkiespan.
Mev. Ronel Lambrecht (hoof van Hoërskool Fochville), me. Mardie Fouché (hoofafrigter) en me. Charmaine Pienaar (hulpafrigter), saam met die o.15 hokkiespan.

Fochville Hoërskool se o.15 hokkiespan het onlangs hul opponente gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.
Hulle het eerste geeïndig in die Pukke se Super 16 toernooi. Die span was ook die enigste span van die rugby, hokkie en netbal wat eerste geeïndig het.
Hulle het die seisoen nog nie een wedstryd verloor nie. Van hul eerste wedstryd af het hulle 36 doele aangeteken en daar kon nog net 7 teen hulle aangeteken word. (5-0, 10-0, 4-4, 9-0, 3-1, 2-2, 3-0).
Volgens me. Mardie Fouché, hoofafrigter van die span tesame met me. Charmaine Pienaar, is hulle baie trots op die spannetjie.
Janaye Pretorius (kaptein) en Kaylyn van Rooyen (onderkaptein) glo die sukses van die span lê in geseënd wees deur Jesus Christus, afrigters wat hard werk en ‘n span wat saamwerk.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top