Jong jaers wys ander hóé

‘n Trotse Keogan Maartens by sy renmotor.
‘n Trotse Keogan Maartens by sy renmotor.

Twee jong renjaers van Fochville het onlangs weer gewys wat in hulle steek.

Die 17-jarige Lonika Maartens en haar kleinboet, Keogan (12), het die naweek van 6 Mei by Ultimate Raceway in Vereeniging hul staal in verskeie klasse gewys.
Lonika het in die hotrod-klas deelgeneem, waar sy met die eerste plek vir die aand weggestap het. Keogan het op sy beurt met die tweede plek in die 2 liter-klas weggejaag.
Lonika het ook die naweek van 13 Mei by Phakisa Raceway in die V8 supercar-klas gejaag. Sy het soos tydens vorige wedrenne, met die eerste plek weggejaag.
“Dankie aan almal wat ons kom ondersteun. Baie dankie Here vir al ons talente en borgskappe, familie en ons werktuigkundiges,” het Lonika dié week gesê.

IMG-20170516-WA0006

Lonika in haar renmotor.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top