Kan die mense dan nie leer nie?

Die man en sy handlanger wat so lekker gemors uitgegooi het
Die man en sy handlanger wat so lekker gemors uitgegooi het

Wysneus het die afgelope week weer van ‘n paar dinge bewus geword waaroor hy maar net sy kop kon skud.
Saterdag kon ‘n kollega van Wysneus nie haar oë glo toe sy uit Dolomite-rylaan in Coronationstraat afry nie. Sy
was nog so rustig rondom middagete aan die bestuur, toe sy uit die hoek van haar oog sien hoe ‘n blanke en ‘n swart
man besig is om iets wat soos ‘n stoel of ‘n ding gelyk het, uit die agterkant van ‘n bakkie te haal. Hulle het dit toe
ewe rustig onder die bome langs die pad gaan gooi en voortgegaan om nog goed uit die bakkie te haal en onder die
bome te gooi.
Wysneus se kollega, wat dit haat as mense ons omgewing bemors, het dadelik rem aangeslaan en ‘n paar foto’s
van die morsjorse en hul bakkie, ‘n wit Isuzu met die registrasienommer ZHS374GP geneem. Ander besorgde
inwoners het ook agter haar gestop en die morsjorse, wat helder oordag hul wandade gepleeg het, aangegluur. Die
mans het vinnig die bakkie se agterklap toegemaak en begin om weg te ry toe hulle sien hoe mense hulle aangaap.
Daar is soveel van ons inwoners wat regtig hard werk om ons omgewing ‘n skoner en beter plek vir almal te probeer
maak. Wanneer ‘n mens nie plante plant om meer suurstof vir almal te gee nie, tel jy ander se papiere op sodat
dit nie die hele plek vol waai nie.
Hoe is dit dan dat daar nog mense soos dié, ewe mooi verteenwoordigend van meer as een bevolkingsgroep, is
wat al die mooi goed wat ander doen sommer weer ongedaan maak?
Hoe sal dié inwoners voel indien ander mense hul gemors in hul tuine kom gooi? Wel, ‘n oop stuk grond soos dié
een langs Coronationstraat is ons almal s’n en ons het net soveel reg om kwaad oor hul wandaad te wees.
Intussen het Wysneus Maandag iets anders gesien wat hom vies gemaak het. Hy was dié dag by een van Carletonville
se bekende vulstasies om gou sy karretjie vol brandstof te maak. Hy was, saam met ander bestuurders, rustig
besig om sy beurt af te wag en het maar gesit en na die voertuie om hom gekyk.
In ‘n stadium het een van die voorste petrolpompe oopgegaan en ‘n bestuurder met ‘n groot wit bakkie van een of
ander besigheid het verby die kar wat voor hom by ‘n pomp gestaan het, gery om by dié pomp te parkeer.
Dié man het egter só skeef parkeerdat niemand by hom kon verbykom nie. Op die ou end was die bestuurder
by die pomp agter hom klaar, maar kon nie vorentoe ry om vir die string karre agter hom plek te maak nie. A nee a,
Meneer! Wysneus hoop dat sulke selfsugtigheid jou een of ander tyd gaan inhaal.
Met net ‘n klein bietjie moeite kon ander mense baie tyd gespaar het. Dis mense soos jy wat ons ander alewig vies
het.
Intussen wil Wysneus egter ‘n pluimpie gee vir die groep werkers wat die afgelope week die gras op die sypaadjies
net oorkant die 007-kruising op pad na Fochville uitgespit het. Die munisipaliteit sukkel mos nou al jare lank om dieselfde in ons dorpe te doen. Dié manne, Wysneus neem aan hulle is van die provinsiale paaie-departement, het gewys dat niemand se arms sal afval indien jy net ‘n graaf optel en die gras afspit nie.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top