Elkeen van ons kan ‘n groot verskil maak

Die man wat so rustig besig was om die boom af te saag.
Die man wat so rustig besig was om die boom af te saag.

bome,
‘n Kollega van Wysneus het onlangs deur Tugelastraat gery en kon haar oë nie glo toe sy helder oordag sien hoe ‘n groep mans besig was om ‘n gedeelte van ‘n boom af te saag nie.
Volgens die mans het hulle gereken dat die boom klaar dood was en het hulle die hout vir ‘n funksie nodig gehad.
Die was nie dood nie en het duidelik steeds gegroei. Nou wonder Wysneus.
Het enige iemand anders hulle aan dié probleem gesteur? Het iemand probeer om by die mans te hoor waarom hulle die boom afsaag, of hulle daad iewers aangemeld?
Indien mens na van die netjiese tuine in van Carletonville se strate kyk, is mens seker dat daar nog mense is wat omgee hoe ons omgewing lyk.
Wysneus kla altyd oor al die gemors wat mens oral sien. Hy was dus uit sy nate van blydskap toe hy in die Herald gelees het van ‘n klomp inwoners, besighede en regeringsinstellings wat vir Mandeladag, aaklige plakkate uit ons middedorp verwyder het.
Wysneus het juis onlangs ‘n draai gaan maak in ‘n dorp in Limpopo, waar daar baie meer gemors as hier is. Ons slaggate lyk ook sommer klein teen van die goed wat ‘n mens daar aantref.
Wysneus wonder soms of al die gekla oor die probleme wel iets beteken. Hy kan egter verseker sê dat elke klagte wat die munisipaliteit of ‘n ander  regeringsinstelling
aanspoor om iets te doen, verseker die moeite werd is. Indien ons dit nie doen nie, kan dinge hier by ons nog baie slegter lyk.
Hoewel ons nie ander inwoners kan aanspoor om groot goed te doen soos om slaggate reg te maak nie, kan elkeen wat ‘n papiertjie optel, of iemand anders vra om dit nie neer te gooi nie, ‘n groot verskil maak.

Die afsaer se ondersteuners wat na sy "handewerk" staan en kyk het.

Die afsaer se ondersteuners wat na sy “handewerk” staan en kyk het.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top