Rugby-raaiers reg vir ‘n besige week

untitled

Ons veld rugby-raaiers reken dat hulle weet wat in die komende week se Curriebeker-
wedstryde gaan gebeur.
Ons raaiers was net soos talle lesers die afgelope naweek voor die kassie vasgenael om te kyk hoe hul gunsteling spanne sou vaar. Die Cheetahs het die WP 30 – 17, die Haaie die Pumas 29 – 0 en die Griekwas die Leeus 48 – 43 gewen.
Net een van ons raaiers, Tinus van Carleton Engineering Services, het al die uitslae reg voorspel en daarmee ‘n volle drie punte plus ‘n bonuspunt verwerf.
Die komende naweek se wedstryde skop Vrydag om 19:00 af wanneer die Haaie en die Griekwas mekaar op Kings Park in Durban gaan aandurf. Saterdag se aksie begin om 15:00, met die WP wat die Pumas op Newlands die stryd sal aansê, terwyl die Bulle en die Leeus mekaar om 17:15 op Loftus Versveld sal pak.
Intussen sal verskeie wedstryde ook op die vakansiedag op Woensdag, 9 Augustus,
plaasvind. Die dag se aksie begin om 13:00 wanneer die Griekwas en WP mekaar in Kimberley die stryd gaan aansê.
Om 15:15 gaan die Pumas en Cheetahs in die stryd van die groot katte op die Mbombela Stadion in Nelspruit uitdraf, terwyl die Bulle om 17:30 gaan kyk of hulle die Haaie op Loftus Versveld kan laat verdrink. Ons raaiers is baie seker oor wie hulle reken die naweek se wedstryde gaan wen. Net Johan van Carletonville Plumbers voorspel dat die Griekwas die Haaie gaan laat les opsê. Hoewel al ons raaiers dink dat die WP die Pumas se sterte gaan knoop, is dit net Tinus en Johan wat voorspeel dat die Leeus die Bulle ore gaan aansit.
Vir Woensdag se wedstryde reken Jimmy van Tru Way Engineering en Johan dat die Griekwas koning oor WP gaan kraai. Net Jimmy is ook bereid om sy geld op die Haaie in hul kragmeting teen die Bulle te sit. Al ons raaiers is dit egter eens dat die Cheetahs die Pumas gaan oorwin.
Tinus – 6
Jimmy – 4
Johan – 4
Fanie – 4

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top