Callie presteer tydens Goue Leeus Akademie-week

llewellyn (1)
Llewellyn Ellis, Callies se sterspeler.

‘n Rugbyspeler van Hoërskool Carletonville is besig om die skool se naam hoog te hou.
Sedert 23 April het ongeveer 900 o/18 skoolseuns aan die provinsiale proewe begin deelneem.Hulle het elke week proewe gespeel en die standard van rugby en kompetisie was baie hoog.
Op 15 Junie is die provinsiale spanne aangekondig, ‘n Speler van Callies, Llewellyn Ellis, is in die o/18 Akademie span,wat ook bekend is as die Goue Leeus o/18 B span, opgeneem.
Die span het gespeel teen ander provisiale spanne, waaronder die Blou Bulle,  Cheetahs, Pumas en Luiperds gespeel.
Llewellyn het in die Coca-Cola Craven en Akademie week deelgeneem as lid van die Goue Leeus Akademie span wat tydens die laaste week van die Julie vakansie by St Stitians College gespeel is.
“Hierdie is waarlik ‘n uitsonderlike prestasie omrede Callies nog nie van te vore op so vlak verteenwoordig is nie, Llewellyn is ons eerste. Ons as skool is baie tots op hom en wens hom net die beste toe vir die toekoms,” sê ‘n woordvoerder van die skool, mnr.
Barney de Koker.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top