Brand beskadig verskeie grafte

Naamborde soos dié op sommige van die grafte het ook deurgeloop.
Naamborde soos dié op sommige van die grafte het ook deurgeloop.

Verskeie grafte is onlangs in ‘n brand by ‘n begraafplaas in die omgewing beskadig.
Volgens ‘n raadslid van Fochville, me. Annett Venter, het ontstelde lede van die publiek haar verlede week in kennis gestel dat ‘n brand in die Fochville begraafplaas grafte beskadig het.
“Hulle het gekla dat dit die munisipaliteit is wat die brand begin het,” sê Venter.
Die Herald het Maandag saam met Venter na die begraafplaas gegaan om na die
skade te kyk. Verskeie grafte naby die beton palissade-heining naaste aan Fochville, het erg deurgeloop. Die gras is pikswart en by verskeie grafte is blomme en ander versierings heeltemal uitgebrand. Plastiese tekens wat op van die grafte aangebring is, het ook gesmelt.
In die regterkantste agterste hoek van die begraafplaas is een van die betonpanele van die heining ook weggeskuif. ‘n Hoop leë bierbottels het ook ten tye van die Herald en Venter se besoek aan die buitekant van dié paneel gelê. Op ten minste twee ander plekke was van die panele in die heining ook besig om van die res van die heining los te trek.
“Dit lyk vreeslik hier. Mense wie se geliefdes hier begrawe is, moet kom kyk wat aangaan,” het Venter gesê.
“Die munisipaliteit kan nie ‘n opdrag uitrek vir werkers om die gras by enige begraafplaas te brand nie. Die munisipaliteit is net vir die onderhoud en skoonmaak
van begraafplase verantwoordelik.
“Verlede week het munisipale werkers ook opgemerk dat die toilette by die Fochville begraafplaas beskadig is. Ons maan lede van die publiek om nie munisipale eiendom te beskadig nie,” het ‘n munisipale woordvoerder gesê.

Me. Annett Venter by een van die grafte wat in die brand beskadig is.

Me. Annett Venter by een van die grafte
wat in die brand beskadig is.

Die brand het groot skade aan verskeie grafte aangerig.

Die brand het groot skade aan verskeie grafte aangerig.

Me. Venter by die deel van die heining wat omgeval het.

Me. Venter by die deel van die heining wat omgeval het.

 

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top