Callies se o.14s is dubbele kampioene

span foto
Callies se ster o.14-rugbyspan.

‘n Ongelooflike rugbyseisoen van sewe maande het Saterdag, 26 Augustus tot ‘n einde gekom vir Callies se 26 o.14
rugbyspelers.
Die spannetjie het reeds in Februarie hul eerste vrienskaplike wedstryd gespeel en potensiaal gewys. Hulle afrigters,
Mnre. Mossie Lewitton en Deon le Roux, was egter aanvanklik baie skepties omdat van die spelers vir die eerste
keer hierdie jaar rugby begin speel het.
Die seuns was egter baie opgewonde en hulle gesindheid het almal om hulle positief beïnvloed.
Die span het op Saterdag, 26 Augustus, as wenners van die Virseker Beker se Middelskole-finaal, wat by Allen Glen
High School in Roodepoort gespeel is, uit die stryd getree. Callies het hul opponente, Hoërskool Frans du Toit van
Phalaborwa, met ‘n telling van 20 – 7 in die stof laat byt.
Callies se o/14’s het deur die loop van die jaar gewys wat in hulle steek. In die vriendskaplike, liga en uitspeel
wedstyde vir die Goue Leeus Finaal en die Verseker Beker wedstyde teken die span 567 punte aan en staan net 119
punte af. Die span druk altesaam 90 drieë met net 20 wat teen hulle gedruk word. Die gemiddelde wedstrydtelling
is dus 38-8 in die guns van Callies, ‘n gemiddeld van ses drieë teen een.
Geoffrey Barnard het die meeste drieë, naamlik 31, aangeteken en Ashley Tancrel het die meeste punte, naamlik
178, behaal. Dit sluit 18 drieë, 40 doelskoppe, twee strafskoppe en ‘n skepskop in.
“Ons wil graag die seuns, hul ouers en ons Hemelse Vader bedank vir die voorreg om die span af te rig. Om die seuns
te sien groei op sportgebied, persoonlik en emosioneel is ongelooflik bevredigend,” het die afrigters dié week gesê.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top