Fochville dansers skitter by nasionale kompetisie

Anellé in aksie tydens die byeenkoms.
Anellé in aksie tydens die byeenkoms.

Twee dansers van Fochville het die afgelope week ander deelnemers tydens ‘n nasionale kompetisie op hul neuse laat
kyk.
Die dansers, Amorique van Zyl en Anellé Arbuckle, het op 24 en 25 Augustus aan die finale van die nasionale finale van die IFAA (International Fine Arts Association) se dans-afdeling deelgeneem.
Amorique van Zyl het met ‘n persentasie van met 93.33% eerste in die afdeling vir vrystyl vir dansers van 11 tot
14 jaar (status silver) gekom. Sy het ook’n punt van 91.2% in die ope “Hip Hop”-klas behaal. Sy het ook nasionale
kleure in dié twee dans items verwerf.
Anellé Arbuckle het in die kategorie vir dansers van 11 tot 14 jaar (status goud) altesaam sewe eersteplekke gekry.
Die afdelings waarin sy dié prestasie behaal het, is ope- “Hip hop Urban” (96.13%), vrystyl (96%), “Hip Hop/Funk” (95.55%), “Musical Theatre” (93%), “Show Modelling” (95.85%), “Cheerleading” (93.2%) en ope-aanddrag (93.5%).
Annellé was ook tweede in haar kategorie met kontemporêre dans (95.78%) waarin sy vir al agt haar danse haar SA kleure verwerf het.
Sy het ook met vyf van haar danse nl. ope “Hip Hop Urban”, vrystyl, “Hip Hop/Funk”, “Show Modelling” en “kontemporêre dans” gekwalifiseer vir die diamant-span wat Suid-Afrika in Maart volgende jaar in Barcelona in
Spanje gaan verteenwoordig. Net dansers met ‘n gemiddeld van 95% of meer is deel van dié span.
Anellé het ook sewe trofeë ontvang by SA IFAA Internationale Federasie. Sy was die algehele wenner met hoogste
presentasie vir dansers van die ouderdom van drie jaar tot dié wat professioneel dans met ope- “Hip Hop Urban”
(96.13%), vrystyl (96%), “Musical Theatre” (93%) en “Cheerleading” (93.2%).
Annellé het ook nóg ‘n trofee ontvang vir haar algehele tweede plek in die juniorfase, vir dansers van drie tot 14
jaar, na sy ‘n gemiddeld van 94.87% vir al agt haar danse behaal het. Sy het nóg ‘n trofee ontvang vir haar internasionale kleure wat sy ontvang vir die vrystyl, “Hip Hop/Funk”, kontemporêre dans, “show modelling” en “cheerleading” danse waarin sy vroeër die jaar in Namibië presteer het.
Sy het ook ‘n trofee ontvang vir haar Namibiese kleure wat sy met “musical theatre” dans in Windhoek en  “openmusical” dans in Swakopmund behaal het. Annellé kon ook in dié land nasionale kleure verwerf omdat sy dubbele burgerskap het.
Haar grootste droom is egter om Suid-Afrika in Barcelona te kan verteenwoordig en haar liefde vir dans te kan uitlewe.

Anellé Arbuckle met die talle trofeë wat sy ingepalm het.

Anellé Arbuckle met die talle trofeë wat sy
ingepalm het.

 

 

 

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top