El Shaddai se ruiters wys hul staal tydens SANESA

Caelee Johnstone en Airforce One is as die mees veelsydige perd en ruiter tydens die nasionale kampioenskappe aangewys.
Caelee Johnstone en Airforce One is as die mees veelsydige perd en ruiter tydens die nasionale kampioenskappe aangewys.

Ruiters van die El Shaddai Stalle op Carletonville het op 2 en 3 September aan die SANESA Saddle Seat nasionale
kampioenskap by Noble Equestrian stables in Parys deelgeneem.
Tydens dié kampioenskap verteenwoordig ruiters hul onderskeie skole asook Gauteng, die provinsie waarin hulle gekwalifiseer het. Hulle het ook hul provinsiale kleure verwerf.
Verskeie ruiters van Laerskool Dagbreek het ander deelnemers op hul neuse laat kyk.
Caelee Johnstone het met haar Perd Airforce One ‘n eerste plek behaal in die Laerskole Siertuig klas op vlak 7, ‘n tweede plek in die stap / draf in hand klas, ‘n agtste plek in die stap/draf performance klas vlak 2.
Caelee en Airforce is ook aangewys as die mees veelsydige perd en ruiter by die Nationale Kampioenskappe wat ‘n baie groot prestasie vir haar en so ook vir Laerskool Dagbreek is omrede daar oor die 140 ruiters was.
Blanche Kruger het met Tango in the Wind op vlak 0 ‘n eerste en derde plek behaal in die Leiriem stap/draf performance en ruiterkuns in die uitdunne en vierde plek in die finaal wat die Sondag gery is.
Christelle Kietzmann het met Funny Girl op vlak 1 in die stap/draf performance en ruiterkunsklas ‘n eerste
en derde plek behaal in die uitdunne en die Sondag ‘n vyfde plek in die finaal.
AJ Coertze het op sy beurt weer met Kings Messenger op vlak 0 Leiriem in Hand Slegs stap ‘n vyfde plek behaal.
Leerlinge wat Laerskool Jongspan verteenwoordig het, het hul ook uitstekend van hul taak gekwyt.
Bronwyn Edwards wat met haar perd Bold Spirit ‘n tweede plek behaal in die stap in hand klas, asook ‘n derde en sesde plek op vlak 1 stap/draf performance en ruiterkuns.
Abigail Jansen van Vuuren het met Funny Girl ‘n eerste plek behaal in ons “Special Needs” Stap draf klas.
Leerlinge wat Hoërskool Carletonville verteenwoordig het, was Melissa Hibbert het met haar perd Oosdeel
Twee Algoran wat ‘n vierde plek in die Siertuig klas behaal en twee vyfde plekke in die vyfgang performance en
ruiterkuns klasse ingepalm het.
Natalie Jansen van Vuuren het met Funny Girl ook die skool se naam hoog gehou toe sy ‘n eerste en vierde plek in die stap draf performance en ruiterkuns klas behaal het.
Verskeie leerlinge van Hoërskool Fochville het ook hul staal gewys. Waldo Taylor het met sy perd My Time in die driegang vlak 4 en 7 ruiterkuns en performance klas ‘n eerste en ‘n tweede plek behaal. Hy het ook met My Time in die stap/draf in hand klas ‘n tweede plek behaal en het ook met Desert Legend ‘n vierde plek in die vyfgang klas op vlak 7 ingepalm.
Reynhard Taylor het met Show me Lockerbomb ‘n vyfde plek behaal in die stap/draf in hand klas en ‘n agtste plek behaal in die driegang performance klas op vlak 4. Stephan Coetzee het met Tango in the Wind op vlak 7 in die vyfgang ruiterkuns en performance twee eerste plekke behaal. Hy het met Fabulous Impulse ‘n eerste plek behaal in Vlak 7 driegang ruiterkuns klas.
Dan het hy met Million bucks op vlak 4 en 7 driegang ruiterkuns en performance ‘n tweede en derde plek behaal. Stephan is ook aangewys as die beoordeelaars se keuse vir die beste ontwikkelende ruiter.
Verskeie volwasse ruiters het ook in die ondersteuner-klasse deelgeneem.
Loulieta Zeelie het met Colboy ‘n tweede plek in die driegang performance klas behaal. Sandra Wium het met Apolo ‘n eerste plek behaal in die stap/draf klas.
‘n Paar voorskoolse ruiters het op hul beurt baie goed gevaar het op Vlak 0 in die laerskool afdeling.
Nihan van der Merwe het met Airforce one in die leiriem stap performance en ruiterkuns klas ‘n derde en 11de plek behaal.
Jereeca Moss het met haar perd SJ Baby Beware ‘n eerste plek in die leiriem stap/draf performance klas in die uitdunne en ‘n sesde plek in die finaal behaal.
El Shaddai Stables het weereens die enigste kinders met spesiale leerbehoeftes na die Sanesa nasionale  Kampioenskappe toe geneem.
“Ons vier ruiters van Rotara skool maak ons elke keer trots en wys maak nie saak wat jou omstandighede is nie jy kan altyd enige iets doen al lyk dit hoe onmoontlik.
Ons is baie trots op die “Special needs” ruiters want die perdry help hulle ook om groot vordering te maak in hul dag tot dag take,” sê ‘n woordvoerder van die klub, Amanda Johnstone.
Luthando Ndlovu het met Zorro ‘n eerste plek behaal in die leiriem stap klas en Siyabonga Maxolo het met Moonlight ‘n tweede plek behaal in dieselfde klas.
Donovan Hattingh het met Zoro ‘n tweede plek behaal in die leiriem stap / draf klas en Motheo Luthando het in dieselfde klas ‘n derde plek behaal.
“Ek dink voorwaar die onderskeie skole kan trots wees op elke ruiter wat sy/haar skool op Nationale Vlak verteenwoordig het”, het Johnny Nkhokho, die ruiters se afrigter gesê.
“Ons ruiters het baie goed gevaar en ‘n groot aandeel daaraan gehad dat die Gauteng-span weer met die spanbeker
vir die span met die meeste punte op die Nasionale kampioenskappe weggestap het.”

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top