Landlopers raap medaljes op

Die atlete wat hul staal tydens die SA landloopkampioenskap op 9 September gewys het, is voor: Annalisa Freese en Vanessa Cordier. Agter: Schaney de Haas en Lood Cordier.
Die atlete wat hul staal tydens die SA landloopkampioenskap op 9 September gewys het, is voor: Annalisa Freese en Vanessa Cordier. Agter: Schaney de Haas en Lood Cordier.

Atlete van die Carletonville Harriers het die afgelope naweek tydens die Suid-Afrikaanse landloopkampioenskap in
Potchefstroom presteer.
Vyf atlete, Annalisa Freese, Conrad Freese, Lood Cordier, Schaney de Haas en Vanessa Cordier het op 19 Augustus
aan die Noordwes Kampioenskappe by die landloopterrein op die Noordwes-Universiteit se Joolplaas in Potchefstroom deelgeneem. Die byeenkoms was ‘n kwalifiserende kompetisie vir die Suid-Afrikaanse  landloopkampioenskap.
Annalisa Freese het haar 4km in ‘n tyd van 17:22 min. voltooi en het hiermee met die tweede plek en silwermedalje
weggedraf. Sy het in die kategorie vir atlete van 35 tot 39 jaar deelgeneem.
Vanessa Cordier het haar 4km voltooi in ‘n tyd van 22:55 min. Sy het in die kategorie vir atlete van 50 tot 54 jaar
deelgeneem en het ‘n derde plek en bronsmedalje ingepalm. Conrad Freese was vyfde met ‘n tyd van 37:30 min,
Lood Cordier sewende met ‘n tyd van 44:51 min en Schaney de Haas 12de met ‘n tyd van 20:26 min.
Annalisa Freese, Lood Cordier, Schaney de Haas en Vanessa Cordier het hulle staal op Saterdag 9 September by die
SA’s wat op dieselfde terrein aangebied is, gewys. Conrad Freese, wat ook vir die SA’s gekwalifiseer het, was afwesig.
“’n Mens het net weer besef watter eer dit is om Noordwes by hierdie groot geleentheid te verteenwoordig, waar net
die bestes regoor die land van 15 provinsies bymekaar gekom het om hulle staal te wys. Jy het die twee kilometer
baan herhaaldelik gehardloop, afhangend van jou afstand. Elke ronde het 10 bulte gehad, so dit was beslis die SA
moeilikheidsgraad gehalte wat dit nog meer van ‘n uitdaging gemaak het,” het Annalisa dié week vertel. Die Carletonville atlete het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Lood Cordier, wat aan die eerste item, die vier km wedloop vir mans van 35 tot 59 jaar deelgeneem het, het dit in ‘n tyd van 46:32 min. voltooi.
Hy was 219ste uit 221 en was 50ste in sy kategorie. Annalisa Freese het haar wedloop, die tweede item op die dag se kalender wat die vier km wedloop vir vroue van 35 tot 70 jaar was, in ‘n tyd van 17:02 min. voltooi. Sy was 22ste uit 243 atlete en 10de in haar kategorie. Vanessa Cordier, wat ‘n tyd van 23:24 min. behaal het, was 188ste uit 243 atlete en was 24ste in haar kategorie.
Schaney de Haas, wat grieperig was, was egter steeds vasberade om Noordwes te verteenwoordig en het ‘n tyd van 24 min. in die wedloop vir vroue o.23 ingepalm. Sy was 58ste in haar wedloop.

Die atlete wat medaljes tydens die Noordwes Kampioenskappe op 19 Augustus ingepalm het, is Vanessa Cordier en Annalisa Freese

Die atlete wat medaljes tydens die Noordwes
Kampioenskappe op 19 Augustus ingepalm
het, is Vanessa Cordier en Annalisa
Freese.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top