Jong gholfspeler wys sy staal

OD Brits, wat onlangs weer 'n groot kompetisie gewen het
OD Brits, wat onlangs weer 'n groot kompetisie gewen het.

Carletonville se eie jong gholf-ster het weer onlangs gewys waartoe hy in staat is. OD Brits was een van talle jong spelers wat op Sondag, 17 September, aan die Noordwes junior opegholfkampioenskap deelgeneem het.

Die byeenkoms is by Orkney Gholfklub gehou.Die jonge OD, ‘n o.13 speler, slaag daarin om nie net in sy ouderdom te wen nie, maar ook as algehele juniorwenner uit die stryd te tree.
OD, ‘n leerling van Laerskool Dagbreek, het reeds met verskeie titels weggestap. Hy is ook deel van die Noordwes
o.13 gholfspan wat volgende week hul staal tydens die nasionale o.13 gholfkampioenskap gaan wys. Dié byeenkoms gaan van 4 tot 6 Oktober by die Port Elizabeth Gholfklub gehou word.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top