Fochville se straatligte en waterlekke steeds ‘n kopseer

Die waterlek by die Evangelies Gereformeerde Kerk wat inwoners die harnas in jaag.
Die waterlek by die Evangelies Gereformeerde Kerk wat inwoners die harnas in jaag.

“Van waar mens by die bokant van die dorp inry tot by Vredestraat, is daar 38 straatligte wat nie werk nie. Dit is ‘n skande.”
Dít is die woorde van ‘n raadslid van Fochville, me. Annett Venter, wat saam met vele ander inwoners van dié dorp die afgelope week oor dienslewering gekla het.
Intussen was nie een van die 56 stukkende ligte tussen die ingang wanneer ‘n mens Fochville van Greenspark af binnekom tot by Fochville Hospitaal, teen dié week herstel nie. Venter het ‘n maand of wat gelede oor dié ligte gekla. Terwyl van die ligte af is wanneer dit in die nag moet aan wees, brand ander, soos langs Laerskool  Fochville, dag en nag. Intussen gee waterlekke die inwoners van Fochville steeds kopseer.

“Ek het die munisipaliteit al verskeie kere gebel oor die waterlek by die Evangelies Gereformeerde Kerk op die hoek van Kraalkop en 9de straat. Die mense kla by my en
ek probeer regtig om sulke watervermorsing te laat aanspreek,” het Venter gekla.
* Die Herald het die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit Dinsdag oor dié probleme gekontak. “Ons het steeds probleme met die verskaffing van elektriese onderdele. Dit beïnvloed die doeltreffendheid waarmee die betrokke munisipale afdeling hul werk doen. Ons sal so gou moontlik die probleem oplos,” het ‘n munisipale woordvoerder gesê.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top