Aanvaller dreig om 66-jarige te verkrag

policeP_4118633

Die voorval het Sondagaand op ‘n plaas in die Witrivier-gebied in Mpumalanga gebeur. Die twee aanvallers het glo boomstompe gebruik om die elektriese heining op te lig en toegang tot die erf te verkry.

 

Die vrou se twee honde, wat glad nie aggressief is nie, het omstreeks 20:00 aan die deur gekrap om in te kom, en toe sy die deur vir hulle oopmaak het die twee aanvallers, een gewapen met ‘n pistool, ook by die huis ingestap.

 

Hulle het die vrou vasgebind en daarna rustig deur die huis gegaan om te kyk wat hulle alles wil steel. Daar kon egter nog nie vasgestel word wat alles weg is nie. Hulle het hulself ook gehelp aan die kos in die yskas en gesit en eet.

 

Dian Pretorius, voorsitter van die plaaslike AfriForum-tak, het aan Maroela Media gesê die vrou kon daarin slaag om haarself na ‘n rukkie los te wikkel. Sy het na die buurman gehardloop om hulp.

 

 

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top