Danser wys dat sy vir niemand hoef terug te staan nie

Anellé Arbuckle met van die medaljes wat sy tydens 'n onlangse kompetisie ingepalm het.
Anellé Arbuckle met van die medaljes wat sy tydens 'n onlangse kompetisie ingepalm het.

‘n Danser van Fochville, Anellé Arbuckle, het die afgelope vakansie aan twee groot danskompetisies deelgeneem, waarin sy gekwalifiseer het om Suid-Afrika in Julie volgende jaar in Hollywood te gaan verteenwoordig.

Anellé het met vyf van haar danse, Hip Hop-Urban, vrystyl, kontemporêre dans, Hip Hop/Funk en Musical Theatre gekwalifiseer.
Sy het ook goud vir al vyf haar danse gekry, asook twee spesiale toekennings vir haar Hip Hop-Urban en Musical Theatre. Sy het ook aan die DanceStars-kompetisie deelgeneem en ook daar gekwalifiseer om SA in Kroasië en Italië in Mei 2018 te verteenwoordig met twee danse, nl. kontemporêre dans en Musical Theatre.
Sy het ook uit 17 dansers ‘n algehele derde plek verower met haar Musical Theatre.
Sy het ook in Augustus gekwalifiseer met vyf danse by IFAA Dance Championships om die land in April volgende jaar tydens ‘n internasionale byeenkoms in Barcelona in Spanje in Hip Hop-Urban, Hip Hop/Funk, vrystyl, kontemporêre en Show Modelling verteenwoordig.
“Anellé wil bitter graag Hollywood toe gaan om bietjie haar talent daar ook uit te leef,” het haar ma, Lazelle, aan die Herald vertel.

Anellé in aksie.

Anellé in aksie.

Aksiefoto met ADA 2017

 

gladiator

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top