Plaaslike drawwers staan vir niemand terug nie

Cornel en Annalisa op 80km.

‘n Groep drawwers van die omgewing het onlangs hul lang asems tydens ‘n groot byeenkoms in Vanderbijlpark beproef.
Die agtste Lite2Nite 12 uur baanwedloop is Saterdag 7 Oktober by Hoërskool Driehoek gehou. Die wedloop is deur ArcelorMittal Atletiekklub en Nedbank Running Club aangebied.
Deelnemers het op ‘n een kilometer afgemerkte baan meegeding. Elke atleet het ‘n tyd-skyfie ontvang wat voor aan
hul lisensienommers vasgemaak moes word. Elkeen se tyd en rondtes is so geneem.
Atlete kon individueel, in spanne van twee of in sosiale spanne van vier tot agt lede deelneem. Die minimum afstand
wat afgelê kon word, was 80km in 12 uur. Die atleet of span met die meeste kilometers het die wedloop gewen.
Buiten gewone medaljes, het al die atlete wat 80km as span gehandhaaf het, ‘n medalje by die prysuitdeling ontvang.
Elmarie Hayes van Fochville marathonklub en Conrad Freese van Carletonville Harriers marathonklub wat as die “Gutsy Girl en Guy”-span deelgeneemhet, het ‘n totaal van 92km voltooi.
Hulle het tussen hulle op 80km besluit dat hulle klaar is. In dié tyd was die weer baie onplesierig en het dit gereën.
Soos die middag verloop het, het Elmarie egter besluit om hulle span weer aan die gang te kry en hulle het nog ‘n
verdere 12km bygevoeg. Cornel Metcalfe en Annalisa Freese, wat as “Team Magic” deelgeneem het vir Carletonville
Harriers, het 134km gehardloop in die tydgrens van 12 ure. Dié twee sterre het met die toekenning as eerste vrouespan weggedraf. Hulle was ook algeheel tweede aangesien net een span, ‘n mansspan van ArcelorMittal, Tefa en Zacharia, net ‘n kilometer meer as hulle kon aflê.
Die wedloop word jaarliks opgedra   aan een van die Vaaldriehoek se legendes wat ‘n paar jaar gelede oorlede is. Hennie van Rensburg het diep spore in atletiekkringe in die provinsie getrap.
Hy het vir jare in die provinsiale atletiekraad gedien en was ook voorsitter van die provinsiale landloopkommissie.
Sy vrou Magda, dogter Vanessa en skoonseun Bennie het ter ere aan hom as ‘n sosiale span deelgeneem. Die wedloop was ook ten bate van Border Collie Rescue.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top