Skryf in vir ons Matriekrok van die Jaar-kompetisie

Vanjaar se matriekrok van die jaar-kompetisie gaan weer 'n swierige geleentheid by Soli-Deo Venue op Carletonville wees. Die foto is tydens verlede jaar se finaal geneem.
Vanjaar se matriekrok van die jaar-kompetisie gaan weer 'n swierige geleentheid by Soli-Deo Venue op Carletonville wees. Die foto is tydens verlede jaar se finaal geneem.

Alle matriekmeisies word uitgenooi om vir die Herald se matriekrok van die jaar-kompetisie in te skryf.

Dit gaan gaan vanjaar groter as ooit wees en gaan weer saam met Soli-Deo Venue op Carletonville gehou word. Die finaal gaan ook weer by Soli-Deo aangebied word.

Anders as in die verlede waar daar geen onderskeid was nie, gaan daar vanjaar afdelings – vir ontwerpers-, gekoopte- en tuisgemaakte rokke wees. Die finaal sal op Vrydag, 24 November, gehou word.

Meisies wat wil deelneem, moet vollyf foto’s van hulle in hul rokke, saam met hul naam, die naam van hul skool en ‘n aanduiding van óf hul ontwerp, gekoop of self gemaak is, na adele.louw@mooivaalmedia.co.za stuur. Die laaste datum waarop foto’s ontvang kan word, is Dinsdag 7 November.

Stembriefies verskyn in elke week se Herald. Al die stembriefies moet teen 13 November om 14:00 by die Herald se kantoor wees.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top