Goudwes-atleet hou skool se naam hoog

‘n Atleet van Goudwesskool, Kelebogile Mangena, het vanjaar die skool se naam tydens verskeie byeenkomste
hoog gehou. Kelebogile was vanjaar deel van Goudwes se landloopspan en het elke dag hard geoefen en deurentyd deur die seisoen puik prestasies behaal. Sy het op 7 Augustus aan die Goudwes byeenkoms, op 21 Augustus aan die Goudveld byeenkoms en op 28 Augustus aan die Krugerlaan byeenkoms deelgeneem. Tydens elke byeenkoms het sy onder die top 10 in haar ouderdomsgroep geëindig. Kelebogile het verder kwalifiseer om deel te neem aan die Gauteng landloopkampioenskappe wat op 2 September in Hammanskraal gehou is. Hier behaal sy ‘n sesde plek en word opgeneem in die Gauteng landloopspan vir LSEN (”Learners with special educational needs”) leerlinge.
Tydens die nasionale landloopkampioenskappe wat op 30 September in Kimberley gehou is, behaal Kelebogile
‘n 13de plek. Haar spangroep het ook ‘n goue medalje ingepalm. Die Gauteng landloopspan het altesaam agt goue en twee silwer medaljes ingepalm. Hulle was ook die algehele wenners van die LSEN-skole byeenkoms tydens
die nasionale kampioenskappe.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top