Ruiters raap weer pryse op

Stephan Coetzee met Debonaire net voor hulle 'n eerste plek in hul klas behaal het.
Stephan Coetzee met Debonaire net voor hulle 'n eerste plek in hul klas behaal het.

Ruiters van El Shaddai Stables in Carletonville het op 13 en 14 Oktober hul staal tydens die NGSU Saalperd Klubskou
in Brits gewys.
Dit was die eerste keer dat die skou, wat by die Stokkiesdraai Equestrian Centre gehou is, plaasgevind het.
“Ons ruiters werk baie hard en verdien elke plasing wat hulle behaal op skoue. Dit maak my as afrigter baie
trots om te sien hoe elkeen ontwikkel,” het die klub se afrigter, Johnny Nkhokho, gesê.
Stephan Coetzee het ‘n eerste plek behaal met Kings Messenger in die driegang plesierperd ruiters o.18-klas en
het ook ‘n derde plek met Celebrity Judge in die driegang Parkhorse ruiters o.18, ‘n derde plek met Lord Brasco
in die vyfgang kinderryperd ruiters o.18, ‘n eerste plek met Debonaire in die nie-saalperd driegang ruiters o.18,
‘n derde plek met Funny Girl in die driegang ruiters o.18 ruiterkuns-klas en ‘n vierde plek met Jojo Footloose in die
driegang natuurlike maan en stert- klas ingepalm. Stephan het ook vir die driegang groot kampioenskappe gekwalifiseer, waar hy en Celebrity Judge ‘n vierde plek behaal het.
Hy en Lord Brasco het ook ‘n vierde plek behaal in die groot kampioen vyfgang kinderryperd klas. Hy het verder
aan die SSSA vyfgang provinsiale toetsklas deelgeneem, waar hy ‘n algehele derde plek behaal het. Ruiters neem
aan die klas deel om te kwalifiseer vir hulle Noord-Gauteng kleure in die saalperd industrie. Dit sal ‘n groot prestasie
wees indien sy plasings van so ‘n aard is dat hy in die span opgeneem kan word.
Intussen het AJ Coertze met Kings Messenger ‘n vierde plek in die stap/draf-klas ruiters 8 jaar en onder behaal
en ‘n vyfde plek met dieselfde perd in die stap/draf-klas ruiters 8 jaar en onder ruiterkuns-klas. Blanche Kruger
het met haar perd Suprice Nite ‘n derde plek in die stap/draf-klas ruiters 8 jaar en onder behaal en ‘n vierde plek in die stap/draf-klas ruiters 8 jaar en onder ruiterkuns-klas.
Christelle Kietzmann het met Funny Girl ‘n vyfde plek in die stap/draf-klas ruiters 8 jaar en onder behaal en ‘n
tweede plek in die stap/draf-klas ruiters 8 jaar en onder ruiterkuns-klas.
Caelee Johnstone het met haar perd Airforce One ‘n tweede plek behaal in die stap/draf plesierperd ruiters o.10
en ‘n derde plek in die stap/draf plesierperd ruiters o.10 ruiterkuns-klas. Caelee het ook aan die NGSU junior toetsklas deelgeneem waar sy ‘n algehele tweede plek behaal het met Airforce One. Sillian Matsoso het met Zero’s
Emperor ‘n vyfde plek behaal in die Enkeltuig 5 jaar en oor klas. Loreen Mosshet met SJ Baby Beware ‘n derde plek
in die NGSU ontwikkelings ruiter-klas behaal, terwyl Jereeca Moss met haar perd SJ Baby Beware ‘n eerste plek in
die leiriem stap/draf (ryperd) klas en ‘n derde plek in die leiriem stap/draf ruiterkuns-klas ingepalm het.
Amanda Johnstone het met Airforce One ‘n tweede plek behaal in die siertuig plesierperd-klas, terwyl Stevan
Matsoso met Furges ‘n vyfde plek in die nie-saalperd driegang ruiters 19 jaar en oor en met Fabian ‘n derde plek in
die driegang natuurlike maan en stert ander rasse-klas behaal het.
El Shaddai het ook twee terapeutiese ruiters gehad, naamlik Donovan Hattingh en Unathi Masedi van Rotara
skool, wat ook hul liefde vir perdry en die sport ontwikkel het.
Johnny Nkhokho het self ook weer gewys waarom sy ruiters so goed vaar, want hy stel altyd die voorbeeld om net
sy beste te doen. Hy het ‘n derde plek met Jojo Footloose in die driegang Parkhorse H/M/R-klas, ‘n vierde plek
met Jack the Mack in die driegang 3 jaar en onder H/M/R-klas, ‘n derde plek met Tango in the Wind in die mans vyfgang-klas, ‘n tweede plek met Jack the Mack in die siertuig 3 jaar oud-klas, ‘n tweede plek met Dark Pretender in die driegang natuurlike maan en stert-klas en nog ‘n tweede plek met Celebrity Judge in die siertuig vier jaar oud-klas behaal.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top