Fochies se skuts wys ander hóé

Die Fochies wat nasionale skole kleure ontvang het vir skyfskiet is Charmaine du Toit (afrigter), Brendon de Bruin (pistoolskiet o.12), Christiaan Strydom (nasionale toerspan na Amerika) en Phillip Cloete (nasionale nr. 1 skut in die sporterklas), agter.
Die Fochies wat nasionale skole kleure ontvang het vir skyfskiet is Charmaine du Toit (afrigter), Brendon de Bruin (pistoolskiet o.12), Christiaan Strydom (nasionale toerspan na Amerika) en Phillip Cloete (nasionale nr. 1 skut in die sporterklas), agter.

Verskeie van Hoërskool Fochville se skuts het onlangs gewys dat hulle vir niemand in die land hoef terug te staan nie.
Altesaam 22 van die skool se skuts het onlangs aan die SA skoleskietkampioenskappe op Newcastle in KwaZulu-Natal gaan deelneem.
Een van die skool se skuts, Phillip Cloete, kwyt hom só goed van sy taak dat hy as die nasionale nommer een
skut in die sporterklas aangewys is. Hy het stof in die oë van ander skuts geskop deur in die finaal met meer as tien
punte voor sy naaste teenstander te eindig en ‘n rekord wat vir meer as vier jaar gestaan het, te breek.
Phillip, ook die nommer een skut in Noordwes, wen ook ‘n silwermedalje in die 3P-afdeling. Hy het ook ‘n silwermedalje vir ’n algehele uitstekende telling in die 3P en 10M verower en ‘n bronsmedalje in die 10M staan-afdeling gewen.
Phillip se prestasies het hom ook die klub se 900 lapwapen, wat die hoogste lapwapen in Noordwes is, laat inpalm. Phillip se prestasies het hom ook verskeie toekennings by die skool laat verower.
Hy het die senior skut van die jaartrofee en die algehele wenskut van die jaar-trofee gewen en deel ook die sportman
van die jaar-trofee.
Phillip het ook nasionale skole kleure vir skyfskiet ontvang. Ander Fochies wat dié prestasie behaal het, is hul afrigter, Charmaine du Toit, Brendon de Bruin (vir o.12 pistoolskiet) en Christiaan Strydom, wat vir die nasionale
toerspan na Amerika gekies is. Van die skool se ander skuts het ook tydens die SA’s presteer. Michael Steyn was deel van die Noordwes o.14 pistoolspan wat ‘n gouemedalje verower het.
Intussen was Jané du Plessis en Louis Bezuidenhout ook deel van die Noordwes o.14 A-span was die bronsmedalje in die sporterklas ingepalm het.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top