Nog drie vas oor dwelms op die Bult

policeP_4118633

Drie jong mans is verlede Maandagoggend op die Bult in hegtenis geneem op aanklag van besit van onwettige dwelms.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het Mooirivier Beskerming op hulle kringtelevisiekameras in Steve Bikostraat gesien hoe twee mans in ’n voertuig sit en dwelms gebruik.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle reageer na die toneel, waarna hulle die polisie in kennis gestel het.
Volgens Manyoba is die polisie na die toneel, waarna hulle die voertuig deursoek het.
Verskillende dwelms, asook kontant ten bedrae van sowat R5 000 is in die voertuig gevind. Die beskuldigdes het glo aan die polisie gesê dat hulle die kontant by hulle vriend, wat in Steve Bikostraat by ’n vriendin kuier, wou aflaai.
Twee van die beskuldigdes woon saam. Die polisie het die mans vergesel na die woonstel in Rissikstraat waar daar nog dwelms, ’n skaal en plastiese sakkies gevind is.
Al drie mans het Maandag op aanklag van besit van dwelms in die hof verskyn. Marco Nel, Francois Neethling en George van Heerden is elk op borgtog van R500 vrygelaat. Die saak is tot 15 Januarie volgende jaar uitgestel vir verdere ondersoek en sodat twee van die beskuldigdes om regshulp kan aansoek doen.
Willie du Plessis, woordvoerder van die NWU, het bevestig dat George van Heerden ’n student van die NWU is. Volgens hom sal dissiplinêr opgetree word sodra die ondersoek afgehandel is.

gladiator

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top