Hengelaars trek die grotes in

Die swartmarlyn wat na sewe uur se spook uit die water getrek is.
Die swartmarlyn wat na sewe uur se spook uit die water getrek is.

Verskeie lede van die Dorado skibootklub op Carletonville het onlangs groot visse uit die water getrek.
Volgens ‘n lid van die klub, Jaco Hendriksz, het verskeie klublede groot prestasies tydens verskeie byeenkomste behaal.
‘n Span van Dorado het op die boot Kit Kat, die bronsmedalje tydens die swaargerei-afdeling van die nasionale Billfish 15 000-kompetisie in Sodwana ingepalm, na hulle ‘n gestreepte marlyn met vislyn met ‘n breekkrag van 37 kg uit die water kon trek.

Dié byeenkoms is van 20 tot 24 November gehou.
Jaco Huysamen was die span se kaptein en Jan Hendriksz was die skipper. Ander lede was Barnie Yzelle en Peet
Koekemoer.
Nóg ‘n lid van Dorado, Mario Els, was ook deel van ‘n Gauteng-span wat tydens die swaargerei-afdeling hul staal gewys het.
Verskeie ander lede van Dorado het ook hul staal tydens die kompetisie gewys.
Janes Wasserman was deel van die SADSAA (Suid-Afrikaanse Diepsee hengel-assosiasie) se meesters-span wat
ook aan die byeenkoms deelgeneem het.
Intussen het nóg ‘n span van Dorado Gauteng tydens die Billfish-kompetisie se ligtegerei-afdeling verteenwoordig.
Dié span, onder leiding van die kaptein Mariette Hendriksz, het op die boot Naughty Cat hul staal gewys.
Tommy Cohen was die skipper met Willie Pretorius en André Botha wat ook hul staal gewys het.
Ligtegerei hengelaars trek snawelvisse met vislyn met ‘n breekkrag van 10 kg uit.

Lede van Dorado het ook verlede week gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie, toe hulle ‘n swartmarlyn na ‘n stryd van sewe uur en ‘n gebreekte katrol, uit die water getrek het.
Jannas Hendriksz het daarin geslaag om dié grote boot toe te bring.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top