Fochville rolbalklub lok baie spelers

Fochville se rolbalbaan was verlede Donderdag 'n miernes van bedrywigheid. Hier is 'n lid van dié rolbalklub, Orcillas Lampbrecht, besig om punte vir haar span te probeer aanteken.
Fochville se rolbalbaan was verlede Donderdag 'n miernes van bedrywigheid. Hier is 'n lid van dié rolbalklub, Orcillas Lampbrecht, besig om punte vir haar span te probeer aanteken.

Spelers van verskeie klubs het die afgelope week na Fochville gereis om aan ‘n groot kompetisie deel te neem.

Die velde van Fochville rolbalklub was ‘n miernes van bedrywigheid op 30 November, toe klubs van verskeie dorpe aan ‘n Vrouedag deelgeneem het. Spelers van Discovery, Koster, Potchefstroom, Randfontein, Noordheuwel, Fochville, Parys, Ruimsig, Krugersdorp en Klerksdorp het van vroeg af kragte op die klub se bane in Agtstestraat gemeet. Op die ou einde het ‘n speler van Discovery, Sharon Basson, met die wenplek weggestap. Martie Potgieter van Koster was tweede en Rose du
Plessis van Potchefstroom derde. Sanet Deyzel, wat in die sewende plek geëindig het, was die Fochviller met die hoogste punte. Fochville Rolbalklub nooi enige lede van die publiek wat wil rolbal speel, uit om hulle by die klub aan te sluit. Afrigting is ook Maandae-middae beskikbaar. Belangstellendes kan die klub se ontwikkelingsbeampte, Orcilla Lampbrecht, by 072 385 9892 skakel.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top