Hoërskool Fochville wys weer hul staal

Marilé Brits het al die ander leerlinge in die gebied uitgestof, toe sy agt A’s behaal het. Baie geluk!
Marilé Brits het al die ander leerlinge in die gebied uitgestof, toe sy agt A’s behaal het. Baie geluk!

Hoërskool Fochville het tydens die matriekeindeksamen uitstekend presteer en het die beste individuele presteerder in die gebied opgelewer.
Die skool se 121 matrikulante het ‘n slaagsyfer van 97.5% behaal. Altesaam 64% van die skool se matrieks het met universiteitstoelating geslaag, terwyl 29% gekwalifiseer het om as deel van ‘n diplomakursus ‘n tersiëre kwalifikasie
te verwerf.
Marilé Brits het die meeste onderskeidings behaal toe sy met agt A’s (Afrikaans, Engels, wiskunde,  lewensoriëntering, fisiese wetenskap, VS, rekeningkunde en RTT), weggestap het.
Vier ander leerlinge, Ilanika Schalekamp, Calvin Botts, Hanneke Bothma en Dominique Hanekom het elk vier onderskeidings behaal. Hoërskool Fochville se matrieks het altesaam 57 A’s behaal.

gladiator

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top