Wonnies is die beste dubbelmediumskool

Hoërskool Wonderfontein het vir die tweede agtereenvolgende jaar die beste slaagsyfer vir ‘n dubbelmediumskool
in Merafong behaal.
Dié skool is met ‘n slaagsyfer van 94.5 die algeheel tweede beste in Carletonville en het ook onder die top 20 skole in Gauteng Wes geëindig. Leerlinge het in 12 vakke, waaronder wiskunde, wiskundige geletterdheid en lewenswetenskappe ‘n 100% slaagsyfer behaal.
Die skool bied ook tegniese wiskunde aan, wat vanjaar vir die eerste keer in matriek geskryf sal word.
“Wonderfontein is trots op die mooi uitslae wat behaal is en is nou vir twee jaar een van die top-skole in Merafong.
“Ons weet Wonnies sal in 2018 nog beter resultate lewer met ‘n nog groter matriekgroep. Ons is baie opgewonde
om in 2018 met ons leerlinge te kan wegspring en die beste te gee vir ons gemeenskap,” sê die hoof, mnr. PHDV van Wyk.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top