Plaaslike sewesspelers reg vir groot kragmeting

Die plaaslike span tydens hul deelname in 2016.
Die plaaslike span tydens hul deelname in 2016.

‘n Groep plaaslike sewes-rugbyspelers is reg om volgende maand spanne van regoor die land te pak.
Volgens Wiekes Coetzer, ‘n kranige sewesspeler van Fochville, is entoesiaste van dié sport al die afgelope twee jaar besig om elders hul staal te wys.
Die spelers het reeds in 2016 aan ‘n groot seweskompetisie deelgeneem wat deur die South Coast Warriorsklub
in Uvongo aan die Suidkus van KwaZulu-Natal aangebied is.
Ondanks die feit dat dit hul eerste deelname was, het die span sesde geëindig uit die 20 spanne wat kragte gemeet
het.
Vanjaar se kompetisie, wat op 24 Februarie op die Douglas Mitchell sportgronde in Uvongo plaasvind, gaan vanjaar
weer spelers van heinde en ver lok.
Volgens Coetzer gaan die plaaslike spelers Thabo Mpato, Eddie Attwell, André Snyman, Danie Snyman, Pierre Theron en Jaun Pierre Theron as deel van die Golden Reapers-span aan die byeenkoms deelneem.
Coetzer gaan self as ‘n lid van een van die twee spanne wat hy help organiseer het, uitdraf.
Mpato is ‘n lid van Fochville rugbyklub, terwyl die ander lede van die Losberg Golden Oaks-span vir ouer spelers is.
“Dié kompetisie is baie goeie ondervinding vir spelers wat graag in seweskompetisies wil speel.
“Ons gaan teen spanne van regoor die land meeding,” sê Coetzer.
Die spelers het ook al aan ander kompetisies in Pretoria en Brits deelgeneem.
Hoewel die spelers nie in spelvernuf óf entoesiasme te kort skiet nie, sal geldelike bydraes egter baie kan help.
Enigeen wat hulle graag wil ondersteun, kan Coetzer by 083 957 3230 kontak.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top