Klub 50 vuur en vlam

Van die bestuurslede by die spesiaal versierde kolwyntjies wat as deel van Klub 50 se 22ste verjaardagvieringe uitgedeel is.

Klub 50 het weer hul jaar met mening afgeskop.
Dié organisasie vir ouer inwoners het op Donderdag 18 Januarie hul eerste vergadering vir die nuwe jaar gehou. Dié klub bestaan reeds sedert 1995 en is gestig om ouer mense in die omgewing op ‘n konstruktiewe wyse besig te hou en met mekaar in kontak te hou.
Behalwe vir vergaderings by die Carletonville sportsentrum elke Donderdag om 10:00, kan lede ook elke maand ‘n uitstappie meemaak.
Die volgende uitstappies is op 6 Februarie na die opname van die televisieprogram Musiek Roulette, op 13 Maart na die opname van Noot vir Noot en op 17 April na ‘n fabriek waar All Joy-produkte vervaardig word.
Daar is ook braai-geleenthede, praatjies oor onder meer swemoefening, gesondheid asook houtwerk en verskeie demonstrasies en filmvertonings waarna lede kan uitsien.
Die klub het reeds vir jare ‘n herwinningsprojek wat nie net help om die omgewing skoon te hou nie, maar ook
geld vir Klub 50 insamel.
Die klub se nuwe bestuur is ook tydens dié geleentheid aan lede voorgestel.
Me. Maria Mans is die klub se voorsitter en is ook verantwoordelik vir programme, terwyl mnr. Naudé van Zyl die ondervoorsitter is en verantwoordelik is vir water, klank en braai.
Me. Johanna Pretorius, een van die klub se stigterslede, is oudergewoonte die sekretaris en is ook saam met Mans vir programme verantwoordelik.
Me. Anna Cloete is die tesourier, terwyl me. Willemien Wolfaardt die visetesourier is en ook na die koektafel omsien.
Ander bestuurslede is mee. Anne Joubert, Jeanette Potgieter, Tolla Dawson, Cathy Long, Dolores Wolf, Alet Swart, Liz van Aswegen, Bessie Fourie, Hilly Engelbrecht, Bessie Fourie, mnre. Theuns Swanepoel, Johan Cloete, Jan van der Merwe en Jack Potgieter.
Alle inwoners van 50 jaar en ouer is welkom om by Klub 50 aan te sluit. Diegene wat as nuwe lede wil aansluit, kan me. Jeannette Potgieter by 083 601 3127 skakel.

Klub 50 se nuwe bestuur is voor mee. Willemien Wolfaard, Maria Mans en Johanna Pretorius. In die middel is mee. Alet Swart, Dolores Wolf, Anna Cloete, Bessie Fourie, Cathy Long, Liz van Aswegen, Tolla Dawson, Hillie Engelbrecht en Jeannette Potgieter. Agter is mnre. Jack Potgieter, Johan Cloete, Theuns Swanepoel en Jan van der Merwe. Mnr. Naude van Zyl was afwesig.

Klub 50 se nuwe bestuur is voor mee. Willemien Wolfaard, Maria Mans en Johanna Pretorius. In die middel is mee. Alet Swart, Dolores Wolf, Anna Cloete, Bessie Fourie, Cathy Long, Liz van Aswegen, Tolla Dawson, Hillie Engelbrecht en Jeannette Potgieter. Agter is mnre. Jack Potgieter, Johan Cloete, Theuns Swanepoel en Jan van der Merwe. Mnr. Naude van Zyl was afwesig.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top