VLU leer meer oor tuinbou

Lede van die Carletonville VLU-tak luister hier aandagtig na die interessante tuinboupraatjie.
Lede van die Carletonville VLU-tak luister hier aandagtig na die interessante tuinboupraatjie.

Lede van die Carletonville-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het verlede Donderdag meer oor nuwe maniere
om tuin te maak, geleer.
Die vroue het by die huis van ‘n klublid, mev. Petro van Nieuwenhuizen, in Beersterstraat bymekaar gekom.
‘n Spreker van ‘n plaaslike kwekery, mnr. Anthony Petersen het die vroue vertel wat die nuwe tendense in tuinbou is.
Met die huidige droogte in die Kaap wat groot nuus is, het Petersen aan die vroue vertel watter plante hulle moet plant om water te bespaar.
Ander tendense, soos dat plante wat rond gesnoei word huidiglik meer in die mode as vierkantiges is, het ook aandag geniet.
Volgens ‘n klublid, me. Hannelie Watermeyer, gaan die Carletonville-tak vanjaar ‘n groot funksie huisves wanneer
die jaarlikse VLU-konferensie op 17 Maart in die dorp aangebied word.
VLU-lede van takke van regoor die Witwatersrand gaan dan in Goudwesskool se saal bymekaar kom.
Die tak se gewone vergaderings vir die res van die jaar gaan weer by Nieuwenhuizen se huis by Beersterstraat 37 gehou word.
Vroue wat dalk by die klub wil inskakel, kan die voorsitter, me. Marié Tervit by 082 711 0156 kontak.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top