Fochville VLU kies nuwe bestuur

Die Fochville VLU se nuwe bestuur is voor: Cilla du Plessis, (voorsitter), Susan Wessels (sekretaresse), Sally Pretorius (hulptesourier), Hester Coetzee, Anneke Swanepoel, (visevoorsitter) en Nelinha de Bruin (skakeling). Agter is San Dreyer, Susan du Plessis, Doreen Victor (tesourier) en Sonia Mussmann.

Die Fochville-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU), het onlangs hul bestuur vir die nuwe jaar gekies.
Me. Cilla du Plessis is die voorsitter terwyl me. Anneke Swanepoel die visevoorsitter en me. Doreen Victor die
tesourier is.
Me. Susan Wessels is die sekretaresse, me. Sally Pretorius is die hulptesourier en me. Nelinha de Bruin is in beheer van skakeling. Ander bestuurslede is mee. San Dreyer, Susan du Plessis, Sonia Mussmann en Hester Coetzee.
Lede is ook aan die einde van verlede jaar vir hul harde werk beloon. Verskeie lede het ook teelepeltjies ontvang
na hulle aan kompetisies deelgeneem het en ‘n minimum van 1 500 punte in totaal behaal het.
Die getal in hakies dui die getal lepeltjies aan wat elke lid ontvang het: Cilla du Plessis (3), Sonia Mussmann (2), Sally Pretorius (2), Klein Cronjé (1), Nelinha de Bruin (1), Nadine Goslett (1), Ina Rabe (1) Anneke Swanepoel (1) en Nela Venter (1).
“Die naam “Vroue Landbou-unie” beteken nie dat die organisasie net vir boere se vroue bedoel is nie. Dit is ook nie net “ou tannies” wat lede is nie en dit gaan ook nie net oor koekbak en lappieskomberse hekel nie.
“Dit spits hom toe op volwasse onderrig. Bak en brou het beslis sy plek en jy kan hekel as jy wil, maar jy kan ook meer leer oor byvoorbeeld fotografie of om stories te skryf.
Ons kry gereeld sprekers uit die gemeenskap om ons meer van gemeenskapsdinge te kom vertel. Ons reik ook uit na die gemeenskap,” sê die voorsitter, me. Cilla du Plessis.
Enige meisies en vroue van 14 jaar en ouer wat belangstel om by die VLU aan te sluit, kan haar by 082 355 0222
skakel.

Die lede wat spesiale teelepels ontvang het, is Nelinha de Bruin, Sonia Mussmann, Nela Venter, Klein Cronjé, Cilla du Plessis, Sally Pretorius en Ina Rabe. Nadine Goslett was afwesig.

 

Mee. Cilla du Plessis en Sally Pretorius was die wenners van die foto-kompetisie.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top