Swemmers presteer in aanloop tot Midmar

Die swemmers van die Carletonville Swemklub wat hul staal tydens die Lake Heritage Water Festival Series 3 gewys het, is Anke Freese (1.2km), Aaliyah Mabanga (1.2km), Julian Rheeder (1.2km), Minke Rheeder (1.2km) en Caitlin Doran (1.2km, 600m). In die tweede ry is Marisan Grove (1.2km), Mieke Grove (1.2km) en Anke Kruger( 600m). In die derde ry is Anja Kruger (1.2km, 600m), Gerrie Grove sr. (1.2km), Tammy van Niekerk (3km, 1.2km) en Gerrie Grove (1.2km). Agter is Sonja Kruger (1.2km, 600m), Rameez Mabanga (1.2km), Kealeboga Khoza (1.2km), Divan Grove (1.2km), Sharlene van Niekerk (3km, 1.2km), Ben van Niekerk (3km), Carsten Holfelder (1.2km, 600m) en Annalisa Freese (3km, 1.2km).

Verskeie lede van die Carletonville Swemklub het presteer tydens die laaste oopwater-swemkompetisie waartydens
hulle vir die Midmar Myl kon kwalifiseer.
Dié kranige swemmers het op 20 en 21 Januarie aan die Lake Heritage Water Festival Series 3 by die Cradle Moon
Lodge by Muldersdrift deelgeneem. Dit was die laaste kwalifisering vir die Midmar Myl, wat vanjaar op 10 en 11 Februarie plaasvind. Die swemmers beplan egter om ook nog op 4 Februarie aan die Platinum Mile by Buffelspoort deel te neem om hulle vir die groot swem by Midmar voor te berei.
Verskeie plaaslike swemmers het op 20 Januarie by Cradle Moon aan ‘n 3 km swem deelgeneem. Hulle was Annalisa
Freese met ‘n tyd van 1:05:17, Ben van Niekerk (1:14:52), Sharlene van Niekerk (1:03:48) en Tammy van Niekerk
(1:02:31).
Die volgende dag het ook baie aksie opgelewer. Verskeie plaaslike swemmers het aan die 1.2km en 600m oopwater-
swemkompetisies deelgeneem. Die uitslae van die 1.2 km swem was Aaliyah Mabanga (34:03 min), Anja Kruger
(37:11 min), Anke Freese (23:19 min), Annalisa Freese (25:23 min), Bianca Janeke (23:18 min), Marisan Grove (31:43 min), Mieke Grove saam met Gerrie Grove (34:34 min), Minke Rheeder (33:42 min), Sharlene van Niekerk
(24:45min) en Sonja Kruger (37:12 min).
Verskeie klublede het ook aan die 1.2km swem deelgeneem. Die mansswemmers wat dié afstand voltooi het, is Carsten Holfelder (28:57 min), Gerrie Grove sr. (37:21 min) en Julian Rheeder (21:10 min).
Die vroueswemmers wat dieselfde afstand voltooi het, is Caitlin Doran (20:30 min) en Tammy van Niekerk (25:17 min). Die tye van die drie swemmers wat die 1.2km swem voltooi het, is Divan Grove (19:4 2 min), Kealeboga
Khoza (23:38 min) en Rameez Mabanga (27:00 min). Die klublede wat die 600m swem voltooi het, se tye was Anja Kruger (15:2 6 min), Anke Kruger (20:00 min), Caitlin Doran (17:24 min), Carsten Holfelder (19:24 min), Luyanda Mbadamana (17:20 min), Rory Frazer (19:26 min) en Sonja Kruger (20:00 min).

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top