Fochie ‘n atletiekster in wording

Stefan op pad na nog 'n oorwinning.

‘n Atleet van Hoërskool Fochville is besig om sy merk op die baan te maak.
Stefan van der Merwe, ‘n gr. 11-leerling van die skool, het reeds die afgelope seisoen met verskeie wenplekke weggedraf.
Dié o.17-atleet se segetog het tydens die skool se huissport begin toe hy die 100m, 200m en 400m gewen het.
Hy het die 100m in 11.02 sekondes en die 200m in 22.83 sekondes kafgedraf. Stefan het weer tydens die Pumareeks
op 20 Januarie in Potchefstroom sy staal gewys toe hy die 400 m in ‘n tyd van 51.54 voltooi het.
Hy is ook tydens die huissport as die beste senior baanatleet aangewys.
Tydens die byeenkoms by Hoërskool Bekker het hy die 100m in ‘n tyd van 11 sekondes gewen en ook weer die wenplek in die 200m voor die neuse van ander deelnemers weggeraap.
Die krag het egter afgegaan voor hy die 400m kon hardloop.
Stefan het ook tydens die onlangse Interhoër al drie sy items gewen en was ook deel van die span wat met die wenplek in die aflos weggehardloop het.
Hy is ook tydens die byeenkoms as die beste o.17-atleet aangewys.
Volgens ‘n woordvoerder van die skool, Jaco Pretorius, was verskeie van Stefan se tye ook reeds kwalifiserend vir die SA’s.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top