Finalis leef lewe voluit

Mev. Engela Breytenbach leef die lewe voluit en sy nie nee vir 'n uitdaging nie.

“Ek het ingeskryf om ander te inspirer om te droom,” sê mev. Engela Breytenbach, ‘n Fochviller wat vir niks terugstaan nie.
Breytenbach (43) het reeds as tweejarige kind haar gehoor tydens ‘n roetine-operasie verloor maar laat nie toe dat dié feit haar keer om haar lewe voluit te leef nie. Breytenbach, wat net 20 persent gehoor in haar linker oor, en niks in haar regter hardhorendes in Pretoria skoolgegaan, waar sy onder meer geleer het hoe om deur lippe te lees haar weg te vind. Danksy ‘n spesiale selfoon-toepassing, wat geluide om haar harder maak en outomaties na haar gehoortoestel herlei, is dinge deesdae baie makliker en is dit moeilik om agter te kom dat sy wel ‘n gehoorprobleem het.
Sy woon reeds van 1997 in die omgewing en het vir jare by Salon Julie as haarkapper gewerk. Dié vaardigheid het daartoe gelei dat sy ook by Hoërskool Goudwes se afdeling waar leerlinge as haarkappers opgelei word, skoolgegee het. Dít, saam met haar liefde vir naelkuns, het daar gedryf om aan die begin van die maand ‘n eie salon in Fochville, waar sy reeds die afgelope vyf jaar woon, oop te maak.
“Ek hou baie daarvan om iets vir ander te doen, en ek geniet die werk baie,” sê dié borrelende ma. Haar inskrywing vir die Mnr. Mej. en Mev. Doof SA-kompetisie het op aandrang van vriende wat ook doof is, gebeur.
“Ons is soos ‘n familie en ondersteun mekaar waar ons kan. Dit was nog altyd ‘n droom van my om aan ‘n skoonheidskompetisie deel te neem, en ek het besluit om alles daarvoor in te sit. Ek wil ‘n sukses van hierdie kompetisie maak, maar geniet die deelname en die ondervinding wat ek daardeur opdoen, soveel dat dit nie ‘n probleem sal wees indien ek nie wen nie.”
Vir Breytenbach is die welsynswerk wat sy in aanloop tot die kompetisie moet doen deel van dié pret. Sy het onder meer reeds ‘n groep minderbevoorregte kinders se hare gesny. Sy moet ook geld as deel van die kompetisie insamel, wat weer vir liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word. Sy het reeds hulp van verskeie oorde, onder meer van ‘n inwoner van Westonaria wat huidiglik die titel van “Mrs Classic Universe” dra, Rosa van Niekerk, ontvang. Van Niekerk het ingespring om haar touwys oor die fynere kunsies wat ‘n deelnemer van só ‘n kompetisie moet weet, soos hoe om reg te staan, te maak.
Sy is ook vol lof vir die hoof en personeel van Hoërskool Fochville, waar haar seun Ettiene, wat ook gehoorgestremd is, skoongaan.
Volgens Breytenbach moet mense nie anders na dowe mense kyk nie.
“Gee hulle ‘n kans, hulle gaan jou waarskynlik verras,” sê sy.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top