Callies se wintersport goed op dreef

Een van Callies se spelers besig om die opponente op hul neuse te laat kyk.

Callies het die afgelope tyd verskeie ligawedstryde in hul onderskeie wintersport gespeel en groot sukses behaal.
Op 3 Mei het die hokkiespanne van Townview High Callies besoek.

“Daar kan met trots gesê word dat al die spanne van Callies oortuigend gewen het.
Die eerstespan het hul slag gewys met ‘n telling van 4-0,” sê mnr. Barney de Koker.

Op dieselfde dag het Callies se netbalspanne na Fochville gereis. Daar het die dogters net weer gewys dat Callies se eerste netbalspan nie net wil wen nie,
maar in die liga is om ‘n punt te bewys. Dié span het Fochville met ‘n  reusetelling van 44-20 geklop, en om hulle aan te vul het die tweede span hulle
wedstryd met 17-5 gewen.

“Ons meisies is toegewyd, hulle oefen baie hard en gee hulle alles, en hulle pluk die vrugte,” het mnr. Stefan van Rensburg genoem.
Die rugbyspanne van Callies het Saterdag 5 Mei vir Bracken High tuis  verwelkom en die o.14 en tweede spanne het sommer vroeg gewys
dat rugby by Callies baie gesond is. Die o.14 span wen met 15-5 en die tweede span met 19-0. Die o.15 span wen na ‘n baie harde wedstryd met 28-22 en die wedstryd van die dag het behoort aan Callies se o.16 span wat met goeie hardlooprugby en rotsvaste verdediging hul opponente geklop het met ‘n telling van 38-7 Callies is op Donderdag, 10 Mei die gasheer vir Roodepoort se hokkie en netbalspanne.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top