El Shaddai se ruiters en perde presteer

Waldo Taylor in aksie tydens die afgelope skou.

“Ruiters en perde neem deur die jaar aan verskeie streekskoue deel om te kwalifiseer om aan die kampioenskap te kan deelneem.
“Dit is waar al die perde en ruiters landwyd meeding om die top perde en ruiters in die land te bepaal.
“Dis ‘n baie sterk kompetisie en ons ruiters het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt,” sê ‘n woordvoerder van die klub, Amanda Johnstone. Verskeie van die klub se lede het met plekke weggestap.
Waldo Taylor het met sy perd My Time ‘n vierde plek in die siertuig plesierperdklas vir ruiters van 18 jaar en onder, sowel as ‘n sewende plek in die driegang plesierperdklas vir ruiters van 18 jaar en onder behaal.
Dié prestasies het My Time vir die groot driegang kinder plesierperd kampioenskap laat kwalifiseer, waar hy en Waldo die algehele sesde plek in die land behaal het.
Waldo en My Time het ook deelgeneem aan die Kampioen van Kampioene toetsklasse waar hulle van 23 ruiters, 13de geëindig het.
Intussen het Amanda Johnstone met Airforce One ‘n derde plek in die siertuig plesierperd kwalifiserende klas behaal en so vir die groot siertuig plesierperd kampioenskap gekwalifiseer.
Die span het híér die algehele derde plek in die land behaal. Die klub se afrigter, Johnny Nkhokho, het ook weer sy staal gewys toe hy op Jack the Mac ‘n sesde plek in die siertuigklas vir perde van vier jaar oud en met Dark Pretender ‘n agtste plek in die siertuig natuurlike maan en stert klas vir perde van vyf jaar en oor ingepalm het. Ander ruiters wat ook tydens die Open Air World Championships deelgeneem het, is Katie-Lee Oelofse, Caelee Johnstone en Blanche Kruger.
“Dis voorwaar ‘n groot eer om aan die kompetisie deel te kan neem en om onder die top ruiters en perde in die land geplaas te word is ‘n groot prestasie vir ons as El Shaddai Stalle,” het Johnstone na afloop van die byeenkoms gesê.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top