Callies se wintersportspanne wys hul kán

Stefan Coetzee, Callies se skrumskakel, duik oor vir ‘n drie.

Hulle het weer eens met baie goeie resultate huis toe gekom.

Die o.14-span het hul wedstryd, wat eers in die tweede helfte op dreef gekom het, met 26-5 gewen, maar die o.15-span moes met ‘n gelykop telling van 12 elk tevrede wees.
Callies se eerstespan het om 11:15 op die veld gedraf en weer eens gewys dat hulle ‘n span is wat vir net een doel op die veld draf en dit is om te wen.
Hulle het dit bewys deur Goudrif met ‘n stewige telling van 41-19 te klop.
“Ons speel komende Saterdag ons laaste ligawedstryde tuis voor die semi finaal wat sal plaasvind op 9 Junie. Dan is dit die finaal op 16 Junie. Ons nooi alle ouers, leerlinge en die gemeenskap om ons spanne te kom ondersteun. Ons eerste wedstryde, die o.14 en die tweede span speel om 08:00, waarna die res van die spanne sal volg.
Ons tweede span lê in dié stadium eerste op die punteleer in hul afdeling en ons wens hulle alle sterkte toe, maar so ook die res van ons rugbyspanne,” het mnr. SP Botha, rugby-organiseerder van Callies, gesê.
Met Callies se hokkie het dit ook baie goed gegaan en die o.14-span is reeds as die Gauteng-wes ligawenners vir kleinskole aangewys.
Die o.15-span speel komende Vrydag teen St. Catherine’s op laasgenoemde se velde en as hul daar wen, sal hulle Saterdag in die finaal speel.
Die o.16-span speel Saterdag in die finaal om 09:15 teen Carleton Jones. Al die wedstryde vind plaas op Maragon se velde. Sterkte aan al die spanne.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top