Wonderfontein se rugby en hokkie in finale en semi’s

Hoërskool Wonderfontein se hokkie en rugby presteer uitmuntend in 2018.
Nie net het die eerste hokkiespan die semi-finale deurgestorm deur vir Trinity House 2-0 te troef nie, hulle het ook in die finaal gelykop gespeel.
So Wonnie-hokkie is liga naaswenners!
Wonderfontein Rugby kraai ook koning dié jaar. Al die rugbyspanne is deur na die semi-finale vir die Leeus. Wonnies speel ook tuis op Saterdag 9 Junie en hulle verwag groot getalle toeskouers.
Die o.14 rugbyspan skop die dag om 08:00 teen Glenharvie af en die eerste rugbyspan speel teen Afrikaans Hoër Germiston om 11:00. Die o.15 span speel teen Hoërskool Vorentoe en die o.16 span durf ook Afrikaans Hoër Germiston aan.
“Ons is baie trots op ons sport die jaar! Die sukses is te danke aan drie jaar se beplanning en bou en ook die gemeenskap se vertroue in ons skool. Wonderfontein se eerste hokkiespan meisies is vir ons ‘n trots en ons rugbyspanne dra die vaandel van sukses verder,” sê die skool se adjunkhoof, mnr. Danie Beeslaar.
Verder dra Wonderfontein steeds ook die gemeenskap se belange op die hart en veg voort teen die misbruik van dwelms met hulle “Choose Life” anti-dwelm veldtog. Wonderfontein se plan is om fondse in te samel vir die nie-winsgewende organisasies wat in ons area werk. Hulle loot ‘n teddiebeer uit deur die plaaslike skole en dan ook ‘n waentjie vol kruideniersware om geld in te samel vir die groot projek.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top