Gholfklub spog met drie provinsiale juniors

Die drie jong sterre, Cheslyn Jacobs, Tiaan Wolfaardt en OD Brits.

Drie van die klub se juniors is vir provinsiale gholfspanne gekies. Tiaan Wolfaardt, ‘n 13-jarige leerling van Laerskool Dagbreek, is vroeër dié jaar vir die Noordwes o.13 provinsiale span gekies.
Intussen is Cheslyn Jacobs, wat ook maar net 13 is, vir beide die o.15 Noordwesspan en die SA Nomads-span gekies.
OD Brits, nóg ‘n 13-jarige Daggie, is in April vir die Sentraal-Gauteng o.13-span gekies.
“Hoewel ons klub al voorheen twee provinsiale juniorspelers gehad het, is dit die eerste keer ooit dat daar drie van ons juniors vir provinsiale spanne gekies is. Byna al die ander juniors in provinsiale spanne kom van verskillende klubs af en baie klubs het nie eens enige provinsiale spelers nie,” vertel die jong sterre se afrigter, Ockie Brits.
Die spelers word op grond van hulle hou-gemiddelde vir provinsiale spanne gekies.
Dit verg baie werk om vir ‘n provinsiale span te kwalifiseer omdat die juniors aan ten minste tien groot kompetisies per jaar moet deelneem om ‘n kans te staan om te kan kwalifiseer.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top