Vegter reg vir groot dinge

Die XKT Skopboksklub se sterre is Shian Chimmy van Winkel, Dwayne Putter, Collin Watson en Senpai Maxy van Winkel, wat ook met die afrigting help.

Dwayne Putter het op 2 Junie tydens die Klerksdorp Fight Night (KFN) sy bantam-gewig titel vir vegters onder 65 kg, wat hy op 3 Maart vanjaar verower het, suksesvol verdedig.
Hoewel Dwayne, ‘n matriekleerling aan Hoërskool Fochville, nog net 17 jaar oud is, het hy ‘n opponent van die Vaaldriehoek vinnig op sy neus laat kyk om die wengordel in te palm.
Volgens Dwayne se afrigter, Shian Chimmy van Winkel, het dié jong vegter, wat reeds van 10-jarige ouderdom af oefen, alles wat nodig is om in die toekoms professioneel te veg.
“Hy het baie goeie dissipline, is altyd hier vir oefeninge en sê nooit nee wanneer mens hom vra om iets te doen nie.
“Ons het hom deur die jare aan verskeie dissiplines laat deelneem om hom vir vanjaar se “mixed marshall arts”, wat alom as “cage fighting” bekend staan, voor te berei.
In die kort tyd wat hy dit doen, het hy reeds baie bereik,” sê van Winkel.
Nóg ‘n XKT klublid, Collin Watson (24), het ook aan die laaste KFN deelgeneem en ‘n tweede plek behaal.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top