Fochville loop oor Lichtenburg

Een van FRC se ster-spelers besig om sy opponente van Lichtenburg ore aan te sit

Wat die wen meer besonder maak, is dat Lichtenburg verlede jaar se ligawenners was en ook die span was teen wie FRC in 2017 vasgeval het.
FRC se stewige telling van 70 teen die opponente se 26 wys egter dat die Fochvillers reg is om vanjaar die bordjies se verhang.
Vendre Fourie het drie drieë gedruk, terwyl PJ Rheeders ook met drie drieë geslaag het. Llewellyn Ebersohn het twee drieë gedruk, terwyl Charl du Toit en Formyn de Kock ook elk met ‘n drie geslaag het.
JP Gouws was ‘n ster met sy skopskoen. Hy het sewe van dié drieë verdoel en ook met twee strafskoppe geslaag. Vendre Fourie is na afloop van die kragmeting as Speler van die Wedstryd aangewys.
Dié wenplek het ook verseker dat FRC, wat steeds voorloop in die liga, op hul tuisveld in die finaal sal uitdraf.
FRC sal ook weer Saterdag, 30 Junie op hul tuisveld speel wanneer hulle opponent van Hartbeesfontein sal aandurf. Die afskop is om 15:00 en alle ondersteuners is welkom.
Die klub se ondervoorsitter, Julian Dawson, het ook al die klub se borge en ondersteuners bedank.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top