18de Carletonville Idols skop dié naweek af

Die organiseerder van die Carleton Idols-sangkompetisie, mnr. Leon van Jaarsveld, met een van die plakkate vir vanjaar se Idols.

Volgens die Idols se organiseerder, mnr. Leon van Jaarsveld, word die eerste uitdunne reeds op Saterdag, 29 Junie by Ollies Pub & Grill in Welverdiend gehou.
Die tweede uitdunne sal op 6 Julie gehou word, terwyl die semifinale op 20 Julie sal plaasvind.
Die finaal van vanjaar se Carletonville Idols word op 27 Julie gehou.
Al dié afdelings van die kompetisie word by Ollies gehou en sal om 19:00 begin. Juniors van ses tot 13 jaar oud en seniors van 14 jaar oud kan deelneem. “Daar gaan vanjaar net kontantpryse wees. Die kompetisie gaan baie sterk wees omdat die wenners van die X-Factor en Voices-kompetisies ook gaan deelneem,” het Van Jaarsveld Dinsdag aan die Herald gesê.
Volgens hom het die naaswenner van die Voice SA-kompetisie, Almur Marais van Stilfontein, reeds aangedui dat hy as gaskunstenaar by van die latere afdelings van die kompetisie sal optree. Toegang na al die uitdunne voor die finaal is gratis. Toeskouers mag egter nie hul eie drank saamneem nie.
Voornemende deelnemers of diegene wat meer inligting wil hê, kan Van Jaarsveld by 072 117 4703, of sy vrou Leonie, by 072 565 0008 kontak.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top