Dorado se juniors laat katrolle sing

Die o.21-span is Franco Pretorius, Ruben Pretorius, Gus de Bod en Willie Pretorius, hul spanbestuurder.

Dié juniors gaan van 16 tot 20 Julie aan die nasionale kampioenskap vir sportvis hengelaars in Shelley Beach aan die KwaZulu-Natalse Suidkus deelneem. Hier gaan hulle allerlei roofvisse met vislyn met ‘n breekkrag van net 10 lyn probeer inkatrol.
“Dit is ‘n besondere prestasie vir Dorado dat beide die o.16 en o.21-span net uit lede van ons klub bestaan,” sê een van die klub se seniors, Jaco Hendriksz. Die o.16-span bestaan uit Ruben Els en Juandré Wasserman van Laerskool Dagbreek sowel as Reynard Koekemoer van Laerskool Fochville. Nóg ‘n klublid, Frikkie Wasserman, is die spanbestuurder.
Hoewel die jonge Franco Pretorius en Ruben Pretorius ook leerlinge van Laerskool Dagbreek is, sal hulle as deel van die o.21-span meeding.
Die ander lid van dié span is Gus de Bod van Hoërskool Carletonville, met Willie Pretorius wat as spanbestuurder sal optree.
Wat die komende nasionale kompetisie nog meer besonder sal maak, is dat dit tydens die sardienloop, wat volgens Hendriksz die voorkoms van roofvisse baie kan verander, gehou sal word.
Dorado Skibootklub borg jaarliks junior lede se deelname aan dié groot kompetisie met geld wat uit hul wildsfees, wat vanjaar op 21 Junie gehou sal word, ingesamel word.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top