Fochies wéét hoe om rugby te speel

Esethu Mnebelele is vir die A-span gekies.

Esethu Mnebelele, Tebogo Phukile en Marchand de Villiers is al drie vir dié provinsiale o.12-spanne gekies.
Esethu is in die A-span opgeneem, terwyl Marchand en Tebogo albei in die B-span opgeneem is.
Dié drie sterre het tydens die afgelope vakansie van 21 tot 23 Junie na Vryheid getoer waar hulle teen die Pumas, Blou Bulle, Limpopo Blou Bulle en Sharks gespeel het. Die B-span het een van hulle drie wedstryde gewen. Hulle het die Pumas 26 – 7 in die stof laat byt, maar moes 14 – 24 die knie teen die Blou Bulle en 10 – 24 die knie teen die Haaie buig.
Die A-span het twee van hul wedstryde gewen. Hulle het die Pumas 10 – 7 en die Limpopo Blou Bulle 24 – 14 geklop, maar moes met ‘n telling van 5 – 10 die aftog teen die Blou Bulle blaas.
Marchand de Villiers is ook in die B-span se eerste wedstryd teen die Pumas as Speler van die Wedstryd aangewys.
“Ons van Laerskool Fochville is baie trots op hulle en wens hulle alle sterkte toe vir die toekoms,” sê ‘n woordvoerder van die skool, mnr. Estian Janse van Vuuren.

Marchand de Villiers.

Tebogo Phukile.

 

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top