Marno wys sy staal by Cravenweek

Marno Pretorius het sy skool se naam by die Cravenweek hoog gehou.

Dié jong ster is as losskakel vir die o.13 Goue Leeus gekies wat aan die Cravenweek in Kimberley deelgeneem het.
Wat hierdie prestasie soveel meer spesiaal maak, is die feit dat daar selde seuns van hierdie streek in die Cravenweek-span opgeneem word, omdat hulle nie in dieselfde liga as die groter skole deelneem nie.
Die 2018 Cravenweek is van 1 tot 6 Julie by die Hoërskool Diamantveld in Kimberley gehou en Marno se span het hul goed van hul taak gekwyt.
Op dag een het die Leeus teen Border gespeel en ‘n oortuigende oorwinning van 29 – 7 behaal. Op dag twee het die span teen ‘n baie sterk Boland span gespeel, wat ook hulle eerste wedstryd oortuigend met 37 – 10 teen die Pumas gewen het. In een van die aanskoulikste wedstryde van die week het die Leeus in die doodsnikke van die wedstryd met ‘n telling van 22 – 20 verloor.
Na ‘n welverdiende rusdag het die Leeus op dag vier teen die Valke te staan gekom en ‘n baie goeie oorwinning van 32 -15 behaal.
Op die laaste dag van die week het die Leeus teen hulle ou vyande, die Blou Bulle gespeel en in ‘n baie fisiese wedstryd het die Leeus hulle bure met ‘n telling van 20 – 5 getroef.
Die o.13 Leeusspan het die week met ‘n goeie drie uit vier oorwinnings geïmdig en eindig gesamentlik in die tweede plek saam met Boland, wat in die finaal teen die WP vasgeval het.
Marno eindig die week dan ook as een van die span se top puntemakers vir die toernooi. Daar wag ‘n blink rugby toekoms vir die leerling van Laerskool Fochville, wat sy Hoërskool- en rugbyloopbaan volgende jaar by die Hoër Jongenskool Paarl gaan voortsit.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top