Fochies wen hul liga

Laerskool Fochville se o.10-span het die Goue Leeus finaal gewen.

Laerskool Fochville se o.10-span het die Goue Leeus finaal gewen.
Dié Fochie-span het ‘n uitstekende seisoen beleef, deur verwoesting te saai in die Goue Leeus primêr liga.
Die span het teen Laerskool Dalmondeor gespeel en hulle met 24-5 in ‘n harde wedstryd gewen. Hulle het onoorwonne weggestap, waar hulle tydens 2017 net een wedstryd verloor het in die finaal en dus as naaswenners weggestap het. Hulle het volharding gewys en hoewel hulle nog jong manne is, het hulle groot harte op die veld gewys en die uitslae het dit ondersteun.
Daar was slegs 11 drieë teen die Fochie-manne, hoewel hulle ‘n ongelooflike 60 drieë gedruk het.
“Ons sien uit vir die jong talent wat reeds deurkom. Laerskool Fochville is baie trots op hierdie span en sy afrigters,” sê ‘n woordvoerder van die skool, mnr. Estian Janse van Rensburg.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top