In die Herald 20 jaar gelede – Seuntjie sterf stil in sy slaap

'n Deel van die voorblad van die Herald van 20 jaar gelede.

Die Herald het oor ‘n verskeidenheid gebeure in sy uitgawe van 20 jaar gelede berig.
“Ek is dankbaar die Here het my kind op só ‘n mooi manier kom haal.”
So het ‘n hartseer en uiters geskokte moeder gesê nadat haar 9-jarige seuntjie reeds ses sure dood was toe sy hom die oggend voor skool wou wakker maak. Klein Gert Schoerman van Laerskool Danie Theron het glo die vorige Donderdagoggend by sy sussie, Ria (10), van ‘n hoofpyn gekla toe hy moes gaan slaap, waarna sy ma, Elize (30), hom ‘n hoofpynpil gegee het.
“Hy het nog vir sy pa, Andries (39), wat nagskof werk, gesê hy moet lekker werk,” het sy ma gesê. Sy ouboet, Frand (11), het glo om middernag wakker geword toe Gert die kamerlig aanskakel en badkamer toe geloop het. Hy het glo daarna weer op die bed op sy maag gaan lê en sy gesig in die kussing verberg. So het sy niksvermoedende ma die Vrydagoggend op hom afgekom. “Hy was koud toe ek aan hom gevat het en ek het geweet hy is nie meer met ons nie,” het sy gesê.
Die nooddienste het op die toneel opgedaag en daar is vasgestel Gert moes gesterf het net nadat hy om middernag opgestaan het. Volgens die wyse waarop sy liggaam vertrek was en sy slap voete, word vermoed dat hy breinvliesontsteking gehad het.
‘n Agtjarige wat vir sy tannie in Roodepoort wou gaan kuier, het verdwaal en drie ure later op Carletonville beland. Klein Riekert Koen van Randfontein wou glo die vorige Saterdagaand vanaf sy ouma, mev. Dalia Koen van Randfontein, na sy tannie in Roodepoort ry toe hy stoksielalleen met sy pa se bakkie die lang tog aangepak en verdwaal het.
Hy het met sy aankoms op Carletonville die bakkie voor Genrock-mining se fabriek buite die dorp parkeer en glo aan die veiligheidswag gevra of hy maar in die voertuig mag slaap. Die eienaars van die fabriek, mnr. Johan en mev. Annette van der Merwe het ook op die toneel opgedaag en die polisie is ontbied. Daar is toe vasgestel dat Riekert en die bakkie reeds in Randfontein as vermis aangemeld is, waarna sy ouers in kennis gestel is dat hy hom in Carletonville bevind. Riekert, wat glo altyd gekyk het hoe sy pa bestuur het, het glo op kussings en sy ouma se sak gesit sodat hy deur die ruit kon sien.
A man died in a rockfall following a seismic event on Elandsrand Gold Mine on the previous Saturday afternoon. He was working in a developing area 3 000 m underground at the time. Production was not affected.

 

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top