Knap voetwerk laat danser weer vir SA’s kwalifiseer

Anellé Arbuckle in aksie tydens haar "Cheerleading" dans. Foto: Gustav Wentzel.

Anellé, ‘n graad 9-leerder aan Potchefstroom Gimnasium, het op 17 en 18 Augustus haar styl en vaardigheid tydens proewe en semi-finale van die IFAA (International Fine Arts Association) se Suid-Afrikaanse danskampioenskappe gewys. Anellé het nege danse gedans en is in sewe van dié danse as die algehele beste deelnemer in alle ouderdomsgroepe aangewys.
Sy het 91.33% in “Cheerleading”, 94% in Hip hop, 94.1% in Vrystyl, 92,7% in Jazz, 92% in” Show Modelling”, 93% in Musical Theatre en 92,33% in die ope-afdeling ingepalm.
Sy het ook met die algeheel tweede plek in alle ouderdomme in kontemporêre dans geëindig, na sy 94.77% hiermee ingepalm het.
Anellé het stof in die oë van ander dansers gedans toe sy met ‘n punt van 91.67% die derde beste danser in alle ouderdomme in modern dans was. Dié prestasie het verseker dat sy deurdring na die finaal van die SA’s, wat van 30 Augustus tot 1 September plaasvind.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top