Egpaar trou in bekende eetplek

'n Soen vir die nuwe bruid, sommer so in die Wimpy.

Sover bekend was dit die eerste keer in dié restaurant se geskiedenis dat ‘n egpaar hier in die eg verbind is.
Twee jarelange inwoners van Carletonville, Roy Venter en Louise Liesel Olivier, is dié middag in die Wimpy getroud. Volgens die nou Mevrou Venter, was hulle vir 19 jaar huisvriende.
Dié vriendskap het egter mettertyd in liefde ontwikkel na albei se eggenote deur die jare oorlede is.
“Ek het nog altyd daarvan gehou om by die Wimpy te kom eet, want hulle kos is altyd lekker en mens weet altyd dat wat jy ook al gaan bestel, lekker gaan wees. Toe my man my vra waar ek wil trou, het ek dus die Wimpy gesê. Dit is ook nou maklik vir ons gaste om iets waarvan hulle hou te kry om te eet,” het mev. Venter kort na hul huweliksbevestiging aan die Herald vertel.
Die paartjie se huweliksbevestiging is sommer so tussen die kitskosrestaurant se tafels deur ‘n huweliksbevestiger, me. Ina Jansen van Vuuren, gedoen.

Latest News

COMMENTS

Parys GazettePotchefstroom HeraldSedibeng SterVaal Weekblad
Top